Die boek Groete, Fran deur Cindé Mostert, sal jou lewe inkleur, maand vir maand. Fran is die beste vriendin wat jy ooit sal hê nie. Lees, lag, huil, bak en plak saam met haar.

Kyk by BINNEKANT hoe dit lyk!
Liewe Vriendin,
Ek wonder so baie oor jou … wat jy doen en waaraan jy dink! Veral wanneer ek besig is om my eie planne te maak, en soms sukkel om dit te laat gebeur. Want die lewe is maar soms ‘n snaakse ding. En dis daardie tye wanneer jy wens daar was iemand met wie jy kon praat.
Wel, hier is ek! Ek wil saam met jou giggel, skinder, huil en sommer net gesels. Ons kan saam kleinkoekies bak en ‘n koppie koffie drink in die nag.
In my verbeelding kan ek jou al hoor lag …
Fran
X